McLaren glo hy kan nog die motorsport-jaar vat

--:--
Die Britse Formule Een-renjaer Lando Norris sê McLaren kan steeds die dubbele titels van beste renjaer en vervaardiger wen. Daar is nog drie wedrenne oor - in Las Vegas, Katar en Abu Dhabi - en Max Verstappen van Red Bull het ‘n voorsprong van 62 punte bo Norris. In die vervaardiger-kampioenskap het McLaren 'n voorsprong van 36 punte oor Ferrari, met Red Bull nog 13 punte agter. Norris sê almal is begeesterd om vir albei kampioenskappe te baklei.
20 Nov 4AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Meer as 5 000 huishoudings in Whk landelike kiesafdeling kry droogtehulp

I-Ben Nashandi, die uitvoerende direkteur in die kantoor van die Eerste Minister, het verklaar dat die droogte in Namibië tans op sy hoogtepunt is. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die E-Voucher-stelsel vir droogtehulp in Groot Aub. Nashandi het die toename in die aantal begunstigde huishoudings van 172 009…
20 Nov 11AM 1 min

DA vra belastingverligting vir kwesbare burgers

Die DA verwelkom die jongste inflasiesyfer wat in Oktober tot 2,8-persent gedaal het, en noem dit 'n teken van ekonomiese bestendigheid. Die party sê egter talle lae-inkomste burgers sukkel steeds met hoë pryse. Die party versoek die Tesourie om geteikende belastingverligtings-maatreëls in te stel, insluitend die uitbreiding van die lys…
20 Nov 11AM 1 min

Angola bevestig M-pokke geval, Namibië steeds veilig

Die gesondheidministerie het 'n bevestigde M-pokke geval in Angola se Luanda-provinsie aangemeld, 'n Kongolese burger wat tans in 'n gespesialiseerde fasiliteit geïsoleer is. Die ministerie bevestig sy deurlopende monitering van die Mpokke-uitbreking in Afrika. Namibië se robuuste toesigstelsel het tot en met 18 November 38 individue vir M-pokke getoets, en…
20 Nov 10AM 1 min

SA publiek 'moet spaza eienaars laat registreer'

Die regering vra die publiek om nie die registrasieproses van spazawinkels en ander klein- en medium ondernemings te ontwrig deur sekere eienaars te verhoed om te registreer nie. Alle spazawinkels en plekke wat kos hanteer moet binne 21 dae by hulle munisipaliteite registreer. Dit is een van die ingrypings wat…
20 Nov 10AM 1 min

Land moet Ehlers se Pride-toekenning vier: aktivis

Die "Extraordinary Ally" toekenning wat Lize Ehlers, 'n kunstenaar en mede-uitvoerende hoof van Drag Night Namibia, by die eerste Internasionale Pride-toekennings ontvang het, wek steeds groot opgewondenheid en trots in die plaaslike LGBT-gemeenskap. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Linda Baumann gesels, wat sê Namibië moet hierdie toekenning vier.
20 Nov 9AM 1 min