Eskom se verhoging sal ongelykheid vererger
--:--
Build One South Africa sê Eskom se voorgestelde 36-persent elektrisiteitstariefverhoging kan lae-inkomste huishoudings dwing om onveilige energie-alternatiewe aan te wend en hul gesondheid en veiligheid in gevaar stel. Die party het verteenwoordigers ontplooi na die energiereguleerder, Nersa, se openbare sittings landwyd om hul teenkanting teen die verhoging uit te spreek. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons...