KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Die Naam Bo Elke Ander Naam: Krag in Gebed en Verlossing

Loading player...
Welkom by Koffiedate met Philippine – waar ons geloof, gebed en inspirasie saambring in elke episode. In hierdie magtige episode fokus ons op die ongelooflike krag in die Naam van Jesus, die Naam bo elke ander Naam. Ons bespreek hoe Jesus se Naam die sleutel is tot verlossing, genesing en bevryding, en hoe ons in moeilike tye die Naam van Jesus kan aanroep om ons te help oorwin. Deur die lens van Filippense 2:9-11 en Handelinge 4:12, herinner ons luisteraars aan die mag wat in daardie Naam lê – die enigste Naam wat kan red en bevry.

In hierdie episode deel ons inspirerende getuinisse van mense wat die krag van gebed ervaar het en hoe die Naam van Jesus hulle lewens verander het. Of jy nou opsoek is na hoop, bemoediging of om jou geloof te verdiep, hierdie episode sal jou herinner aan die wonderwerke wat gebeur wanneer ons in geloof die Naam van Jesus aanroep. Luister en ervaar hoe gebed en die Naam van Jesus ons deur enige uitdaging kan dra. Bly ingeskakel vir meer op Koffiedate met Philippine!
13 Nov 2024 Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Begin die Jaar met Geloof en Visie

In hierdie episode van Koffiedate met Philippine, gesels Philippine oor 'n belangrike tema vir die begin van die jaar: "Jy sal getuig oor jou getuig." Sy begin met 'n inspirerende boodskap uit Jesaja 43:2, wat herinner aan die belofte dat God altyd by ons is, selfs wanneer ons deur die…
8 Jan 1 hr 25 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Die Vader-Soon Verhouding en Gesinsinvloed

In hierdie Koffiedate-episode gesels Philippine Morkel oor die diepgaande impak van die vader- en seunverhouding, en hoe 'n gesin se dinamika geslagte na geslagte beïnvloed kan word. Sy deel insigte vanuit Malagagi 4:6, wat die herstel van die hart van die vader na die kinders en omgekeerd bespreek. Philippine is…
18 Dec 2024 1 hr 21 min

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Goeie More, Goeie More

Sluit aan by Koffiedate met Philippine op Kaapse Kansel en ervaar ‘n bemoedigende en inspirasievolle geselskap. In hierdie episode gesels Philippine oor die onverganklike liefde van die Here en hoe Sy genade ons elke dag dra, selfs in die moeilikste tye. Met bemoedigende Skrifgedeeltes, getuienisse van genesing en die krag…
11 Dec 2024 1 hr 17 min