
Vooroesontkieming: ’n Bedreiging vir koringprodusente
Loading player...
Vooroesontkieming, beter bekend as pre-harvest sprouting (PHS), veroorsaak toenemende kopkrap onder koringboere in Suid-Afrika. Hierdie proses, waar sade begin ontkiem terwyl dit nog aan die plant is, het ’n beduidende impak op die opbrengs en kwaliteit van graan, wat dikwels lei tot finansiële verliese vir produsente. OFM Agri se Robyn Schutte gesels met Sandra Hull, ’n PhD-kandidaat aan die Universiteit Stellenbosch, oor haar navorsing en deel insigte oor die oorsake, risikofaktore en moontlike strategieë om PHS te bestuur.