
Onderwyser geskors wat leerling se hare sny
Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n voorval ten sterkste veroordeel waartydens ‘n onderwyser van LD Moetanalo Hoërskool in Mhluzi in Steve Tshwete-munisipaliteit ‘n leerling se vlegsels in die klas afsny. Die video is op sosiale media versprei. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die onderwys is voorlopig geskors terwyl hulle die omstandighede ondersoek wat tot die voorval gelei het. Hy sê onderwysers behoort te alle tye in die beste belang van leerlinge op te tree. Die leerlinge wat deur die voorval geraak is, sal berading ontvang.