
Georganiseerde landbou en provinsiale regering moet beter saamwerk in Noord-Kaap
Loading player...
Tydens vanjaar se Agri Noord-Kaap kongres in Kimberley, het president Willem Symington in sy openingsrede die nuwe politieke bestel aangeraak en gemaan dat die onus nou op die burgery is om toe te sien dat leiers verantwoordbaar gehou word. Hy't ook 'n pleidooi aan die provinsiale regering gerig om meer gereeld met die organisasie te skakel. In haar repliek het LUR Mase Manopole onderneem om met Agri Noord-Kaap te ontmoet en saam te werk om landbou in die provinsie uit te bou.