
Broer en twee susters bly in aanhouding na arrestasie weens moord op bejaarde pa in Balfour
Loading player...
Twee susters en hul broer het gister in die Balfour-hof verskyn op 'n aanklag van moord. Volgens die Mpumalanga polisie het Pat Molefe, Nnana Molefe en Mamotseki Molefe hul 71-jarige pa Saterdag doodgeskiet. 'n Derde suster is aanvanklik aangekeer, maar sy is nie aangekla nie. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die pa voor sy dood 'n beskermingsbevel teen sy kinders bekom het. Die saak is uitgestel tot 27 Augustus wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen. Hulle bly in aanhouding.