
Vier mense verskyn vandag in die Balfour-hof na hulle glo hul bejaarde pa vermoor
Loading player...
Drie susters en hul broer verskyn vandag in die hof in Balfour vir die beweerde moord op hul pa. Volgens die polisie in Mpumalanga is hulle tussen 36 en 45 jaar oud. Hul 71-jarige pa is Saterdag leweloos op sy rusbank ontdek. Hy is verskeie kere geskiet. Hy het vroeer 'n beskermingsbevel teen sy kinders gekry. Hulle is dieselfde dag in Heidelberg gearresteer.