
Ma gearresteer weens vermoede dat sy haar baba in Bosbokrand vergiftig
Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het 'n vrou gearresteer op 'n aanklag van moord, weens vermoedens dat sy haar agt-maande-oue baba vergiftig het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het 'n plaaslike begrafnisondernemer die polisie gekontak, en ondersoek hulle die oorsaak van die kind se dood. Die 33-jarige vrou sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.