
DA geskok dat munisipaliteit waterdiewens laat begaan in Rietkuil
Loading player...
Die DA het die stadsbestuurder van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mandla Mguni, gevra om dringend die beweerde diefstal van water in Rietkuil te ondersoek. Stefan Smith, ‘n DA-raadslid, voer aan dat tenkwaens al vir ses maande water onttrek en na ‘n naburige myn vervoer. Hy sê die plaaslike owerheid het bevestig niemand is by magte om water uit die Rietkuil te onttrek nie, omdat die watertoevoer reeds onder druk is. Volgens Smith moes die munisipaliteit reeds teen die diefstal opgetree het.