
Aanklagte teruggetrek teen 95 Libiese burgers in Witrivier
Loading player...
Die aanklagte teen 95 Libiese mans wat verlede maand by 'n onwettige militêre opleidingskamp in Masoyi aangekeer is, is vanoggend in die Witrivier-landdroshof teruggetrek. Hulle is aanvanklik aangekla vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Die mans het glo in April die land binnegekom met visums wat in Tunisië bekom is vir hulle om veiligheidsopleiding by Milites Dei te ondergaan. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê die departement van Binnelandse sake neem nou toesig van die mans en hulle sal gedeporteer word.