
Jonger generasie landbouers het beter opleiding nodig
Loading player...
Die Vrystaat Landboukongres het Woensdag in Bloemfontein afgeskop. President van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, het tydens sy presidentsrede genoem dat jonger boere slegs 12% van totale lede opmaak, en dit is kommerwekkend. OFM Agri se Robyn Schutte het met Dr Lindie von Maltitz, wat verbonde is aan die universiteit van die vrystaat se departement landbouekonomie gesels, oor die implikasies van ń gebrek aan jonger boere in die Vrystaat, en kondig ook ń baie opwindende byvoeging tot die kursusse by die Universiteit van die Vrystaat aan..