
Oorskot van vermiste sesjarige in Pienaar gevind
Loading player...
‘n 18-jarige wat verbind word met die verdwyning van twee kinders in Pienaar buite Mbombela, is onder polisiebewaking in die hospitaal na gemeenskapslede hom gisteraand aangerand het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê die man het glo teenoor die mense erken hy het met die kinders se verdwyning te doen gehad. Hulle het die beseerde man by ‘n begraafplaas aangetref omring deur ‘n skare. Die vlak graf met menslike oorskot is daar naby ontdek. Die sesjarige Junior Mabandla, wat ‘n maand gelede vermis geraak het, is aan sy klere deur sy familie uitgeken. Hulle verwag om vandag die oorskot van ‘n driejarige vermiste dogtertjie op te grawe.