
Opwindende 4x4 naweek ten bate van Kalahari Wildlife Projects
Loading player...
My 4x4 Fitment in Upington bied hierdie naweek ‘n 4x4 dag aan ten bate van die Kalahari Wildlife Project (KWP). Die KWP is geleë in die Noord-Kaap en spesialiseer in die redding en rehabilitasie van verskeie beseerde Kalahari-spesies, insluitend ietermagog (pangolin), meerkatte, aardwolwe, verskillende roofvoëls, kleiner soogdiere en soms groot katte soos jagluiperds.