Man vasgetrek met R4m se dwelms by Lebombo

Loading player...
Die grenspolisie het ‘n man wat na bewering meer as 4-miljoen-Rand se dwelms oor die grens probeer smokkel het, by Lebombo aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die metamfetamien Vrydagaand versteek gevind in ‘n verskuilde kompartement in die kombi wat die 36-jarige verdagte vanaf Mosambiek bestuur het. Hy verskyn vandag in die hof in Komatipoort.
1 Jul 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

NHS- se landlopers presteer

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive.
18 Apr 6AM 15 min

Robs wen eerste Track & Field

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles.
17 Apr 5AM 13 min

'Drag races' bekommer inwoners toenemend

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik.
14 Apr 10AM 9 min

Dis hoe ons rol in die Laeveld

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt.
14 Apr 6AM 10 min

AHEI: Wat is dit

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik.
11 Apr 8AM 9 min