
NVG verwelkom vonnis vir sekuriteitswag wat moord pleeg
Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom vir 'n sekuriteitswag vir moord, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Sarel Petrus du Plessis is gister lewenslange gevangenisstraf opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg met ‘n addisionele 38 jaar wat samelopend uitgedien sal word. Volgens die woordvoerder van die NVG, Monica Nyuswa, het hy op 5 Desember vir Bhekimuzi Ziko op ‘n plaas in Tenbosch naby Komatipoort met ‘n ongelisensieerde vuurwapen doodgeskiet. Hy het op die plaas gewerk as ‘n sekuriteitswag toe Bhekimuzi saam met twee vriende en sy ouer broer werk kom soek het tydens die lietsjie-oestyd.