
Sekuriteitswag gevonnis vir moord op tiener in Nkomazi
Loading player...
‘n 53-jarige sekuriteitswag is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord in 2018 op ‘n 14-jarige seun. Die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg het bevind Sarel Petrus du Plessis het Bhekimuzi Ziko op ‘n plaas in Kamhlushwa in die Nkomazi-area met ‘n ongelisensieerde vuurwapen doodgeskiet. Hy het op die plaas gewerk as ‘n sekuriteitswag toe Bhekimuzi saam met vriende en sy boetie op die plaas betrap is. Du Plessis is ook skuldig bevind aan poging tot moord op drie van die ander kinders.