
Skool sekerheidswag in Kabokweni vermoor
Loading player...
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het die wrede moord op 'n sekuriteitswag by Malekutu Primary in Kabokweni, ten sterkste veroordeel. Elliot Mndlovu se lewelose liggaam is Sondag in die vroeë oggendure ontdek. Boewe het omstreeks 3-uur by die skoolperseel ingebreek. ‘n Sekuriteitsmaatskappy wat op die skool se alarm gereageer het, het op Mndlovu se liggaam afgekom. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die booswigte het met ‘n tablet en oorhoofse projektor weggekom. Dlamini het gister die skool besoek.