
Noord-Kaap gemeenskap baat by peulprojek
Loading player...
‘n Poging om indringerplante in die Noord-Kaap te beheer het tot ‘n florerende besigheid gelei. Eienaar Brandt Coetzee, van MannaBrew, wat op Prieska in die Noord-Kaap begin is, vertel daar is reeds in 1996 begin om produkte van die peule van die suidwesdoringboom of die muskietboom (Prosopis glandulosa) te maak. Vandag maak hulle ‘n tipe koffie van die pitte en die hele gemeenskap baat daarby.