
Tydelike sluiting van Lesotho-Hoogland watertonnel behoort nie groot effek te hê
Loading player...
Die Departement Water en Sanitasie glo die tydelike sluiting van die tonnel wat water vanaf Lesotho na Suid-Afrika bring behoort nie ‘n beduidende uitwerking op besproeiingsboere en dorpe in die Vrystaat te hê nie. Direkteur-generaal Sean Phillips het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê daar sal water herlei word vanuit damme en daar gaan ook begin word met waterbesparingsveldtogte.