
Pumas gasheer vir Luiperds Saterdag by Nelspruit Rugbyklub
Loading player...
Die Airlink Pumas speel môre weer tuis in die SA Beker. Die Pumas en Griekwas is die enigste onoorwonne spanne oor in die reeks met vier wedstryde oor om die finaliste te bepaal. Die boonste twee spanne op die punteleer sal in die eindstryd speel. Beide het 25 punte, met die Griekwas bo weens hul beter punteverskil. Die Pumas kon al drie keer in die kompetisie verhoed dat hul opponent enige punte teen hulle aanteken. Die afskop teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag is om 3-uur. Hulpafrigter Corné Steenkamp: