
Nasionale Saalperd Kampioenskap: ’n Fees vir familie en prestasie
Loading player...
Die Nasionale Saalperd Kampioenskappe begin Maandag, 22 April 2024, by die Bloemfontein skougronde en is een van vele byeenkomste wat deel vorm van Bloemskou se landbouprogram. "Hierdie is regtig ‘n familiesport wat almal kan aan deelneem," vertel vise-president en hoof van bemarking vir die Suid-Afrikaanse Saalperg Genootskap, Koekie de Villiers. "Ma, pa, kinders, oupa, ouma - almal is hier. Almal neem deel."