
Nuwe kliniek in Balfour geopen
Loading player...
# Die minister van Gesondheid, Dokter Joe Phaahla, het vanoggend amptelik die nuwe Balfour-gemeenskapskliniek geopen. Hy het gister met ‘n twee-dag-besoek aan gesondheidsfasiliteite in Mpumalanga begin, waar hy Themba-hospitaal in Kabokweni besoek het om dienslewering aan te spreek asook berigte oor misdaadbedrywighede wat veiligheid bedreig. Die adjunk direkteur-generaal van Algemene Primêre Gesondheidsorg in die Departement van Gesondheid, Jeanette Hunter sê die nuwe kliniek is van hoogstaande gehalte.