
DA sê Mpumalanga moet ophou druk vir NGV
Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hulle is besorg dat die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, daarop aandring dat alle gesondheidsfasiliteite in die provinsie gereed is vir implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering, terwyl nie een op standaard is nie. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het onlangs aan die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, gesê Suid-Afrika is nie gereed vir die NGV nie aangesien dit geen oplossing bied vir uitdagings soos die personeeltekort in die openbare gesondheidstelsel nie. Die DA-leier in Mpumalanga, Jane Sithole: