
Nkomazi-raadslid tydens huisroof doodgeskiet
Loading player...
Die polisie in Tonga ondersoek ‘n moord- en -roofsaak na ‘n 35-jarige raadslid in Nkomazi-munisipaliteit gisteraand vermoor is. Volgens die woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het vier verdagtes Thabo Ngwenya se huis in Mangweni naby Komatipoort binnegestorm. Hy is twee keer geskiet en sy vrou is aangerand. Die verdagtes het met hul selfone en Toyota GD-6-bakkie gevlug. Ngwenya is by die hospitaal weens sy beserings dood. Mdhluli sê die motief vir die skietery is tans onbekend.