
FlySafair begin met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad
Loading player...
FlySafair het vandag met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad begin. Dit is die eerste keer dat dié lugredery vandaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe vlieg. Die provinsiale regering was vanoggend by om amptelik die historiese roete bekend te stel. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n groot bydrae lewer om Mpumalanga as ‘n toerisme-aantreklikheid te bevorder.