
Platteland Hoop: Ditsobotla-dienstevereniging
Loading player...
Ons gaan voort met ons reeks oor Sentraal Suid-Afrikaanse planmakers wat by die onlangse Landbou Weekblad en Senwes Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland hul suksesverhale gedeel het. Vandag hoor ons van Boeta du Toit, bekend as hoof van Agri Noordwes, en ook aan die stuur van die Ditsobotla-dienstevereniging. Die Ditsobotla munisipaliteit sluit Lichtenburg, Coligny en Biesiesvlei in en is berug as die mees disfunksionele munisipaliteite in die land. Die organisasie se doelwit is om die kwessie van gebrekkige dienslewering te pak, dikwels met die hulp en steun van die Sakeliga.