
Platteland Hoop: Bethlehem beheerkamer
Loading player...
Oor die volgende twee weke gaan ons so bietjie stilstaan by van die suksestories in Sentraal Suid-AFrika wat grootliks uit landbougeledere gedryf word om weer hoop op die platteland te bring, waar staatsverval aan die orde van die dag is. Hierdie stories is gedeel by die onlangse Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres wat deur Landbou Weekblad en Senwes aangebied is. Vandag se storie kom van Jaco Breytenbach, ’n boer en ook betrokke by die Bethlehem-sekuriteitsforum, wat bestuur word vanaf die beheersentrum in Bethlehem…