
Platteland hoop: Senekal-Matwabeng Community Forum
Loading player...
Hoe trek ‘n mens ‘n gebroke gemeenskap bymekaar? In aanloop tot ons inspirerende Sentraal SA storie reeks van sprekers wat by die onlangse Landbou Weekblad en Senwes Oplossings vir die Suid-Afrikaanse Platteland kongres opgetree het, begin ons op hierdie Paasvrydag met die storie van pastoor John Mathuhle. Vier jaar gelede het Senekal in die Vrystaat op die randjie van bloedvergieting gewankel ná die hofverskyning van beweerde veediefstalsindikaatverdagtes wat van moord op plaasbestuurder Brendin Horner aangekla word. In reaksie op toenemende spanning tussen plaaslike boere, politieke partye, en opstokers wat hoop om geweld aan te blaas, het Mathuhle hom tot sy geloof gewend en 'n gebed vir vrede gelei. Hier is sy storie…