
Verdagte aangekeer weens moord op polisiekaptein in KaNyamazane
Loading player...
‘n 32-jarige verdagte is aangekeer in verband met die moord op ‘n polisiekaptein, Sibusiso Mthombothi, in Kanyamazane. Mthombothi was op 13 Januarie van diens af toe hy sy private voertuig na ‘n karwassery geneem het. Die verdagte, wat na bewering ‘n veroordeelde moordenaar is, het glo teen hom vasgery en ‘n argument het ontstaan. Mthombothi is geskiet. Die verdagte is vroeg vanoggend tydens ‘n multi-dissiplinêre operasie in Kabokweni gearresteer. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: