
Werker in Krugerwildtuin in haar kamer deur hiëna aangeval
Loading player...
Die Krugerwildtuin ondersoek die omstandighede waaronder ‘n vroulike werknemer deur ‘n hiëna gebyt is. Volgens die wildtuin het sy in die woonkwartiere vir werknemers by Berg en Dal geslaap toe die dier haar aan die arm gebyt het. Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê sy is hospitaal toe gehaas vir behandeling en is stabiel. Volgens die parkbestuur moes die hiëna van kant gemaak word.