
Propvol beesprogram by Bieliemielie 2024
Loading player...
Vandeesweek word een van die grootste en gewildste landbouskoue in die land aangebied in die Vrystaat. Die 44ste VKB Bieliemieliefees op Reitz stal nie net van die heel nuutste landboutoerusting en -tegnologie uit nie, boere kry ook die geleentheid om te spog met hul heel beste vee in die kudde- en slaglamkompetisie, die beesuitstalling en die ramveiling. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger het met Annalea van Niekerk wat by die beeskompetisie betrokke is, gesels…