
Durban Haweowerheid keer vyf in Mpumalanga aan weens onwettige wapens
Loading player...
Vyf verdagtes het gister vlugtig in die Komatipoort-landdroshof verskyn weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle Dinsdagaand deur lede van die Durban-haweowerheid wat in Mpumalanga ontplooi is, gearresteer. Hulle is in 'n Land Cruiser voorgekeer by die Mananga/Coopersdal-afdraai buite Komatipoort. Die vier wapens was agter die sitplekke versteek. Mzwandile Dlamini, Sanele Sambo, Colleen Nkuna, Elliot Mphika en Musa Bhembe kan Vrydag vir borgtog aansoek doen.