
Sitrusproduksiekursus bied nuwe geleenthede aan leerders
Loading player...
Met die nuwe skooljaar wat onlangs begin het, gaan 16 hoërskole landwyd vanjaar ook 'n kursus in sitrusproduksie aanbied. Kakamas in die Noord-Kaap is ook een van die gebiede waar die kursus aangebied word. Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA) laat weet die Sitrus Sekondêr-program, wat deur die Sitrusakademie – 'n filiaal van die CGA – aangebied word, skep 'n geleentheid vir leerders om 'n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal. Jacomien de Klerk, uitvoerende hoof van die Sitrusakademie, sê meer as 450 leerders by die betrokke skole sal na verwagting vanjaar vir die program inskryf. OFM Agri se Robyn Schutte het met haar gesels.