
Vermeemde moordenaar gevind waar hy hang van 'n boom
Loading player...
Die polisie in Secunda vermoed dat die liggaam van 'n man wat die naweek in Secunda ontdek is, dié is van 'n verdagte in 'n moordsaak. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê dat die ontbindende liggaam van die 42-jarige man na vermoede die is van 'n verdagte waarna die polisie op soek was in verband met die moord op 'n vrou in die area. Die 39-jarige Busisiwe Nkabele is op 2 Jan doodgesteek, na bewering deur haar vriend. Die man se liggaam is Saterdag, hangende van 'n boom in 'n oop veld naby ‘n winkelsentrum in Secunda, ontdek. Hy is tentatief geïdentifiseer deur persoonlike items wat aan sy persoon gevind is.