
Vier mense noodlottig gewond in taverne skietery
Loading player...
Vier mense is noodlottig gewond en nog drie word vir skietwonde in hospitaal behandel na 'n skietery by 'n taverne in Siyabuswa die naweek. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê 'n groep gewapende verdagtes het met hoë kaliber vuurwapens lukraak losgebrand in die drinkplek. Drie mense is op die toneel dood en 'n vierde by hospitaal. Die motief is tans onbekend en niemand is nog aangekeer nie.