
Twee vas weens ontvoering van winkelier
Loading player...
Twee buitelandse burgers verskyn vandag in die Vaalbank-landdroshof vir roof en ontvoering. Volgens die Valke is daar Sondagmiddag by ‘n winkel in die area ingebreek en die winkelier is ontvoer. Die eienaar het agterdogtig geraak toe hy sy werknemer nie kon kontak nie en het die saak by die polisie aangegee. Daarna is ‘n losprys van 50-duisend-Rand van hom geëis. Die bedrag is later verlaag tot 20-duisend. Die span ondersoekers kon die slagoffer in Hammanskraal red. Die Valke woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê daar word na nog twee verdagtes gesoek.