
Man buite Barberton-hof doodgeskiet
Loading player...
Die polisie ondersoek 'n voorval waarin 'n man wat nog geïdentifiseer moet word, gister buite die Barberton-landdroshof doodgeskiet is. Die gru-voorval was ten tyde van die hofverskyning van ses beskuldigdes wat aangekla word van die moord op die voormalige raadslid, Mandla Mamba. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli sê 'n moordsaak is geopen met drie bykomende aanklagte van poging tot moord. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.