
Polisiespeurder skiet glo vrou, skoonma dood
Loading player...
‘n 32-jarige polisiespeurder verskyn vandag in die Carolina-landdroshof op aanklagte van moord na hy Sondagmiddag glo sy vrou sowel as haar ma doodgeskiet het en haar stiefpa gewond het. Hy het glo sy lewensmaat gebel om hom te help toe hy probleme met sy voertuig ondervind het. Toe die gesin, insluitende haar drie kinders, daar aankom, het die konstabel na bewering op hulle begin vuur. Hy het daarna met die kinders weggejaag, en die voertuig het omgeslaan. Een van die kinders het geringe beserings opgedoen. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli: