
Man vas weens gekaapte Polo
Loading player...
‘n Man het Vrydag in die Belfast-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n voertuig wat na vermoede gekaap is. Themba Dan Senama, 50 jaar oud, is Woensdag deur lede van die Middelburg-blitspatrollie gearresteer. Volgens die polisie was hulle op roetine-patrollie toe hulle die wit Volkswagen Polo, wat ure tevore as gekaap aangemeld is in Mamelodi, Gauteng, op die N4 buite Belfast opgemerk en voorgekeer het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle vermoed die beskuldigde kon saam met ander gewerk het nog klagtes teen hom sowel as addisionele arrestasies kan verwag word. Die saak is uitgestel tot volgende Maandag. Hy bly in aanhouding.