
Addisionele sake teen twee wat glo Valke-hoof beroof
Loading player...
Twee mans wat aangekla word van die besit van gesteelde goedere verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof. Skhumbuzo Khathi en Phumlani Nkosi is Dinsdag gearresteer na ‘n inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, general-majoor Nico Gerber, in Desember. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is items wat met ander huisbrake verbind word ook in hul besit gevind. Hulle het Vrydag in die hof verskyn op verskeie klagte van besit van gesteelde goedere. Sekgotodi sê hulle word ook verbind met ander sake wat tans voor die howe dien.