
Mannejag geloods na polisiebeampte in KaNyamazane doodgeskiet is
Loading player...
Die polisie het 'n mannejag geloods na 'n polisiebeampte Saterdag in KaNyamazane doodgeskiet is. Volgens die Valke in Mpumalanga was die 44-jarige kaptein die aand van diens af toe hy sy private voertuig na 'n karwassery geneem het. Die verdagte het na bewering teen sy voertuig gebots en hoewel hulle 'n ooreenkoms bereik het vir betaling, het 'n argument ontstaan. Na die kaptein geskiet is, het een van sy kollegas op die verdagte gevuur en 'n skietery het ontstaan. Die verdagte het te voet gevlug.