
Kabaal Klankbaan raak nostalgies met ‘mixtape’
Loading player...
“Dit is soos ʼn potjiekos of lamsboud wat lank stowe, wat lank in die oond is voordat dit gereed is.” Só beskryf Floris Groenewald, stigterslid van Kabaal Klankbaan, dié groep se vierde album, Ek’s steeds onstabiel. Mizanne Hattingh van Maroela Media het met Floris oor die album gesels.