Maroela Media Maroela-onderhoude

Maroela-onderhoude

Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
Occasionally Afrikaans South Africa News · Kids & Family
1,119 Episodes
1 – 20

Luister | Waarskuwingstekens oor kindermishandeling

Dit is baie anders om kinders te help, as volwassenes, want die Kinderwet speel ʼn rol. Daar is sekere waarskuwingstekens waarna ʼn mens moet kyk, maar wanneer jy bekommerd oor ʼn kind is, is dit die veiligste om direk met ʼn maatskaplike werker kontak te maak.
12 Dec 2024 13 min

Luister | Is welsyn ʼn nuttelose situasie?

Is hulp ʼn nuttelose situasie? Die kort antwoord is: Nee, dit is nooit nutteloos nie. Ons het die roeping om ander te help, en dit is ons verantwoordelikheid om ander te help – maar dit moet met ʼn plan wees.
12 Dec 2024 10 min

Luister | Soms is help sleg

Is dit moontlik dat hulp soms meer skade doen as skade verlig? Dit is die vraag wat bespreek word. Ongelukkig het mense van nature die wil om te help, maar hierdie hulp moet nie die persoon wat jy help afhanklik maak nie. Wanneer ʼn persoon op ʼn negatiewe manier gehelp…
12 Dec 2024 8 min

Luister | Leer jou kind om te help

Enigiemand het die vermoë om te kan help, maar hulle kort soms leiding om reg te help. Soos die Engelse spreekwoord lui: Charity begins at home. Jy moet jou kinders leer om in hulle onmiddellike omgewing verantwoordelikheid te neem.
12 Dec 2024 11 min

Prioritiseer só jou gesin se geestesgesondheid

“Mense gaan baie maklik vir hul jaarlikse ondersoek na ʼn dokter toe om te sien of alles nog reg is. Niks keer jou om dieselfde met jou geestesgesondheid en verhoudings te doen nie.”
4 Dec 2024 12 min

Gospelsanger deel hoop, bemoediging in Kersseisoen

As geestelike leier meet hy nie die sukses van sy musiek aan die toekennings of benoemings wat dit ontvang of speellyste waarop dit koning kraai nie. Vir hom is die maatstaf eerder of God deur sy musiek in mense se harte kan werk.
4 Dec 2024 15 min

Hoe behoort Christene Kersfees te vier?

“Die tyd rondom Kersfees is ʼn gulde geleentheid om stil te raak en oor jou eie geloofslewe te besin. Dink hoe jy jou geloof kan versterk, nader aan God te leef, en hoe jy ander kan dien.”
27 Nov 2024 15 min
1 – 20