
DA nader Menseregtekommissie oor riool in Olifantsrivier
Loading player...
Die DA sê hy gaan die Menseregtekommissie nader oor rou riool wat in Emalahleni in die Olifantsrivier inloop. Volgens die DA-raadslid, Maureen Scheepers, het die Riverview Rioolplaas jare gelede reeds oorstroom. Sy sê die munisipaliteit versuim om enigiets aan die saak te doen terwyl die stank onmenslike omstandighede vir inwoners veroorsaak. Sy sê wildlewe verdwyn ook uit die rivier.