
Trompop botsing eis vyf lewens
Loading player...
Vyf mense is gistermiddag in 'n trompop botsing tussen twee sedans op die R35 tussen Amersfoort en Morgenzon dood. Nog twee mense is ernstig beseer en nog 'n insittende het ligte beserings opgedoen. Die oorledenes sluit een bestuurder en vier passasiers in. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, sê die LUR, Vusi Shongwe, stuur sy medelye aan die families en wens diegene wat beseer is 'n spoedige herstel toe.