
Mpumalanga tiener by skool verkrag deur sekerheidswag
Loading player...
Die polisie soek na ‘n sekuriteitswag by ‘n skool wat na bewering Vrydagoggend ‘n 16-jarige leerling verkrag het. Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, het die leerder vroeg die oggend by KwaManala Sekondêre Skool, in Vaalbank, aangekom om voor te berei vir ‘n toets. Die wag het haar gedreig. Sy het die voorval by die Vaalbank-polisiestasie aangemeld. Sambo sê die leerling sal berading otnvang. Enigiemand met inligting is gevra om nav ore te kom.