
DA sê departement se werkskeppingsprogram misluk
Loading player...
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat dit normaal geword het vir die program vir uitgebreide openbare werke om nie hul doelwitte te bereik nie. DA-lid, Bosman Grobler, sê die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer het in die 2022/23-boekjaar sy volledige begroting spandeer maar slegs 57-persent van sy teikens bereik. Dit terwyl die werkloosheidskoers in Mpumalanga op 46-komma-7-persent staan.