
Onderwyser buite Witrivier vermoor
Loading player...
'n 37-jarige onderwyser wat ook ‘n sekretaris van die vakbond Sadtu was en sy vriend is Woensdagaand in Sukani Trust buite Witrivier vermoor. Die polisie sê albei slagoffers het skietwonde gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ‘n Grys Polo is op die toneel gevind met die sleutels in een van die oorledenes se sak. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hul selfone en ander items was ook in hul besit. Die motief van die moord is onbekend.