
Skolier deur voormalige klasmaat doodgesteek
Loading player...
‘n 20-jarige graad-10-leerder is gister na skool met ‘n mes doodgesteek deur ‘n geskorste voormalige leerling van sy skool. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermeende moordwapen is langs die slagoffer se lewelose liggaam op die toneel gevind. Hy is naby Mbambiso High in Boschfontein aangeval. Die verdagte, ‘n minderjarige, is verlede jaar as graad-9-leerling geskors. Hy het gevlug, maar is later deur sy ouers aan die polisie oorhandig. Hy is in hul sorg vrygelaat.